×
Web Desktop Banner
Web Mobile Banner

Suid-Afrika ervaar taai tye. Onsekerheid neem toe, afleggings dreig en politieke leiers ry saam met die ekonomie wipplank. Jou werksekerheid hoef nie nóg iets te wees waaroor jy in die aande wakker lê nie!

Daar is baie goed in jou lewe wat afhanklik is van jou werk, en tog staan te veel mense alleen wanneer dinge skeefloop. Solidariteit staan egter nie terug nie – ons beskerm jou werk, jou regte en gee vir jou gemoedsrus!

Met ’n regspan wat duisende arbeidsregtelikesake hanteer en wen, en onmiddellike hulp bied wanneer jy dit die nodigste het, is Solidariteit jou ouboet in die werkplek! Ons staan met gebalde vuiste gereed om vir jóú gemoedsrus te veg!

Jou werk is jou grootste bate! Beskerm jou werk en beskerm jou toekoms. Staan saam met Solidariteit!