×
Web Banier-2
Mobile Banier

Só kan ʼn organisasie se spanne bly, groei en presteer

Waardering sonder aksie is net geraas.

In hierdie insiggewende webinaar lei dr. Jannet Davel werkgewers, leiers en professionele persone deur wat dit werklik beteken om ʼn werkplekkultuur te bou waarin mense nie net oorleef nie, maar floreer.

Floreer gaan nie oor pizza Vrydae of oppervlakkige werknemerstevredenheid nie. Dit gaan oor veiligheid, sinvolle werk, groei, erkenning en doelbewuste leierskap.

Ons gesels onder meer oor:

wat “floreer” regtig in ʼn werksomgewing beteken;

waarom oppervlakkige belonings nie genoeg is nie;

wat van werkgewers en leiers verwag word;

hoe waarderende leierskap in die praktyk lyk;

hoe om ʼn omgewing te skep waarin mense kan groei; en

praktiese stappe wat jy reeds vandag kan begin toepas.

Bespreek jou plek hier:

dr

Dr. Jannet Davel

Dr. Jannet Davel het haar MCom in Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf en is ʼn geregistreerde bedryfsielkundige by die Gesondheidsberoeperaad van Suid-Afrika (HPCSA). Sy het ook haar PhD aan die Universiteit van Pretoria behaal, met haar navorsing gefokus op die ontwikkeling van menslike kapitaal en die impak van ontwikkelingsprogramme op indiensneembaarheid.

Sedert 2011 het Jannet haar loopbaan as konsultant gevestig en met ʼn wye verskeidenheid organisasies saamgewerk, waar sy oor die volle menslikehulpbronketting betrokke was. Haar passie om uitnemendheid in organisasies te bevorder deur die regte mense in die regte poste te plaas, het daartoe gelei dat sy uiteindelik gespesialiseer het in hoëvlak-talente bestuur, ontwikkeling en organisasie-ontwerp.