

Die nuwe regsektorkodes verlaag die vrystellingsdrempel na R5 miljoen, wat beteken dat baie kleiner regsfirmas nou aan streng rasvereistes moet voldoen. Die kodes stel bindende teikens vir eienaarskap (50% swart), bestuursbeheer, vaardigheidsontwikkeling en voorkeurverkryging, wat ʼn wesenlike impak op die werking van firmas en die beroep as geheel kan hê.
Solidariteit se Regsnetwerk het reeds hofaksie ingestel om hierdie kodes te beveg. Die saak sal in Mei 2026 in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor word.


Staan saam met ons. Hoe meer lede, hoe sterker is ons stem. Word vandag nog ʼn lid en help ons om vir die regsberoep te veg.
